Robert Pattinson en Katy Perry het die naweek ’n uitstappie na Santa Barbara geniet.

Omstanders was verbaas toe hulle die Twilight Saga-vleispaleis en Firework-sangeres opmerk waar hulle die trourepetisie van twee vreemdelinge by San Ysidro Ranch staan en bekyk. Dis ’n hanetree van waar Katy grootgeword het. Robert en Katy is albei alleenlopers sedert hy met Kristen Stewart uitgemaak het en sy met John Mayer.

Stephanie Sands, wat die repetisie bygewoon het, het aan People.com: “Katy en Rob het in die hoofbinnehof-area langs mekaar na die trourepetisie gesit en kyk. Hulle was baie informeel aangetrek. Sy het ’n kappietop en groot donkerbril gedra. Daar was geen openbare vertoon van toegeneentheid tussen hulle nie en geen lyftaal wat daarop dui dat hulle uitgaan nie. Hulle het net saam gesit en kyk.

“Hulle het geen skakel met die huweliksgevolg gehad nie en nie met die gaste gemeng nie.”

Daar is onlangs beweer Robert (27) was nog nooit gelukkiger as nadat hy met Kristen uitgemaak het nie.

’n Bron het gesê: “Rob het nog nooit so vry gevoel nie. Hy hoef nie meer te voel ’n meisie rem hom af nie. Pleks van spyt wees sy verhouding is verby, is Rob bloot bly hy hoef net aan homself verantwoording te doen.”

“Kristen het beslis met die jare te afhanklik van hom geword.

“Sy bel hom gedurig, maar hy wil nie in die verlede ingetrek word nie en tel selde op.”