Robert Downey jr. kan die besbetaalde akteur in Hollywood se geskiedenis word as hy die sowat R900 miljoen-tjekkie kry wat hy wil hê vir die twee opvolgprente van The Avengers.

Die 48-jarige akteur het die rol van Iron Man/Tony Stark in die superheld-trilogie en The Avengers vertolk en as die vervaardigers besluit op nog twee flieks met hom in dié rol, kan hy binnekort die duurste akteur tot nog toe word.

Robert se agente onderhandel glo binne enkele weke met Marvel se grootbase en die akteur se verteenwoordigers sê hy sal dalk ’n gewaarborgde ooreenkoms van sowat R900 miljoen “oorweeg”, asook ’n verhoging op die sewe persent wat hy uit winste by die loket ontvang.

Die akteur het vandeesmaand erken Marvel Studios was in die verleentheid nadat hy bevestig het hy is sowat R450 miljoen vir sy rol in The Avengers betaal. “Is dit nie mal nie? Hulle is lekker omgekrap! Ek kan dit ook nie glo nie. Ek staan bekend as ’n strategiese koste.”

Kevin Feige, die voorsitter van die ateljees, wil glo hê Robert moet sy rol hervat as die superheld en sy alter ego, Tony Stark, die biljoenêr-rokjagter, maar het gesê hy sal goedkoper moontlikhede oorweeg, terwyl die akteur nege maande voor die verfilming aan The Avengers 2 begin, daarop gesinspeel het dat hy klaar is met die rol.

Die rolprentkenner Doug Creutz van Cowen and Company het gewaarsku as Robert vervang word, kan rolprentbase sowat nege persent verloor, oftewel R9 biljoen. Daar is verlede week berig dat die ateljee nog geen hoof-akteurs kon oorreed om aan die projek te werk nie en Robert is aan die voortou saam met mede-akteurs in die onderhandelings vir beter vergoeding.

“In dié situasie is hy al ou wat regtig mag het en hy het senuwees van staal. Hy het dit reeds duidelik gemaak, hy gaan nie werk by ’n plek wat sy kollegas sleg behandel nie.”