Die 49-jarige ster, wat in 2012 en 2013 sowat R825 miljoen verdien het, het die topplek op Forbes se lys gehaal nadat sy Iron Man-flieks vir hom ’n fortuin laat inrol het.

Dwayne “The Rock” Johnson (42) het die tweede plek behaal met ’n inkomste van R572 miljoen, wat hy met akteursrolle en vervaardiging verdien het.

Bradley Cooper (39) is in die derde plek met ’n geraamde inkomste van R506 miljoen danksy sy rolle in The Hangover en American Hustle, terwyl Leonardo DiCaprio (39) die vierde plek beklee met ’n verdienste van R429 miljoen.

Chris Hemsworth (30) pryk in die vyfde plek met ’n geraamde inkomste van R407 miljoen. Hy het Liam Neeson (62) en Ben Affleck (41) vir die plek uitgestof, wat onderskeidelik R396 miljoen en R385 miljoen verdien het.

Will Smith (45) en Mark Wahlberg (43) voltooi die top-10-lys met ’n geraamde jaarlikse inkomste van R352 miljoen, terwyl Johnny Depp (51), Brad Pitt (50) en Tom Cruise (52) nie een ’n plek op die lys kon verseker nie.