Die sanger (39), wat al erken het dat hy in die verlede heroïen en kokaïen gebruik het, het sy rowwe dae agter hom geplaas, maar sê ook hy sal vir sy nege maande oue dogter, Theodora (Teddy) Rose, se onthalwe dwelms gebruik en haar help om die “beste beskikbare dwelms” te kry as sy dit wil doen wanneer sy ouer is.

“Ek twyfel of sy soos ek sal wees. Ek hou duim vas dat dit nie gebeur nie en met baie liefde en geluk aan ons kant sal sy nie daardie rigting inslaan nie. As dit ongelukkig wel gebeur, sal ek weet wat om te doen. Ek sal seker maak sy kry die beste beskikbare dwelms – en dit dan saam met haar gebruik.”

Robbie het selfs ’n liedjie oor sy woeste verlede geskryf. Hy het in 2007, ná ’n lang stryd met drank, depressie en verslawing aan voorskrifmiddels, by ’n rehabilitasiesentrum aangeklop en later die emosiebelaaide liedjie Candy aan sy dogter opgedra.

Robbie het van die lirieke gedeel: Sit down close the door / I think it’s time you knew the score, / why you feel weird. / One day you’ll be told about,/ how Daddy let his demons out, / yeah he makes them scream and shout. / So what better when you’re old enough, / and you’re out on your own and stuff, / if you start losing hold of love it’s because . . . / your uncle sells drugs,  / your cousin is a cutter, / your grandma is a fluffer, / your grandad’s in the gutter, / your mother is a nutter, / you’re a mad m**********r.

Die popster, wat met die aktrise Ayda Field (34) getroud is, is besig om Teddy se toekoms te beplan en hoop sy en die sangeres Adele (25) se agt maande oue seun, Angelo, wat hy Little Peanut noem, sal eendag ’n paartjie wees. “Haar seun en my dogter speel saam. Little Peanut is beslis op die lys van moontlike kêrels vir Teddy.”