Robert Pattinson het Kristen Stewart verseker hy sal nooit met een van hul gemeenskaplike vriendinne uitgaan nie en hy is glo gretig om vriende te bly met sy eksmeisie en Twilight-medester.

Rob (27) het sy vier jaar lange verhouding met die brunet (23) beëindig nadat sy ’n affair met die regisseur Rupert Sanders (42) aangeknoop en hul verhouding nie daarna weer op dreef kon kom nie. Robert het Sondag by haar huis uitgekom nadat hy na bewering die lug wou gaan suiwer en haar wou verseker dat hy nie met haar The Runaways-medester en goeie vriendin Riley Keough (24) uitgaan nie.

’n Bron het aan HollywoodLife.com gesê: “Hy wil nie daardie ou wees nie. Hy wil nie bekend staan as die ou wat Kristen se vriendin steel nadat hy met haar uitgemaak het nie.

“Rob het vir mense gesê hy het haar gerus gestel dat hy nie met haar vriendinne sal uitgaan en dinge nog ongemakliker tussen hulle maak nie, want die beëindiging van hul verhouding was ongemaklik genoeg.”

’n Vriend na aan Kristen het onthul sy het dit geniet om die naweek saam met Robert te tyd deur te bring, maar hulle het nie nou tyd om aan hul verhouding te werk nie en probeer eers vriende wees.

Die bron het gesê: “Rob het aanvanklik na Kristen uitgereik, want hy wou inloer en die res van sy goed oplaai, maar blykbaar wou hy haar ook sien.

“Hy het die naweek daar ingeloer en hulle het tyd saam deurgebring. Kristen was baie bly om hom te sien, maar ek dink hulle was op die ou end albei hartseer, want hulle het steeds gevoelens vir mekaar. Dis nie so eenvoudig soos om net weer bymekaar te kom nie. Hul weersiens het baie goed vir na vore laat kom. Vir eers kom werk eerste en nie die hervat van ’n verhouding nie. Dis hartseer.”

Maar Robert het nog nie hoop laat vaar dat hy en Kristen dalk ’n toekoms saam het nie.

’n Bron het gesê: “Hy het vir sy vriende gesê hulle sal dit dalk in ’n ander tyd en onder ander omstandighede kan laat werk.”