Rob Kardashian en sy ma, Kris

.

Rob is glo al so verleë en skaam oor sy gewig dat hy glad nie meer Kim en sy goeie vriend Kanye West, haar verloofde, se troue later vanjaar in Frankryk wil bywoon nie. Die 26-jarige het drie jaar gelede ’n stryd met sy gewig begin voer en weeg nou ongeveer 118 kg.

“Rob voel soos die vyfde wiel aan die wa,” het ’n ingeligte aan die Daily Mail vertel. En Kris Jenner, die Kardashian-kroos se ma, se vereiste dat Rob sowat 32 kg voor die troue in Mei moet verloor, help ook nie veel nie.

“Rob is desperaat. Hy haat die gim en voel die enigste manier om gewig te verloor is om sy maag deur ’n ingrypende chirurgiese prosedure te laat vaskram.” Boonop beweer die bron dat Rob en Kim se verhouding die afgelope tyd versuur het. Kim het glo nie veel agting of respek vir haar blykbaar rigtinglose jonger broer nie.

“Rob is ontsteld oor sy veranderende voorkoms en voel regtig soos die swartskaap in die gesin.”

BRON: Dailymail.co.uk