Oor haar Instagram-verslawing: “Ek is daar sodra ek wakker skrik. Ek blaai daardeur met een oog oop. Dis soos ’n dwelm. Vir my gaan dit daaroor om vorentoe te kyk. Jy hoef nie langs jou te kyk nie. As jy dit begin doen, raak jy verward. Dis ’n goeie aanhaling. Dalk moet ek dit twiet.”

Oor vergelyk word met ander jong, mooi sangeresse: “Daar is altyd kompetisie. Ek voel dit beslis. Ek floreer daarop. Ek is dol daaroor. Ek beskou dit nie as kompetisie nie, ek beskou dit as ’n vorm van energie.”