• Sy is gebore in die oorloggeteisterde Kosovo maar haar gesin het Engeland toe getrek toe sy een jaar oud was. Rita sê haar agtergrond het haar meer gedrewe gemaak. “Ons was gelukkig om daar weg te kom. Dit laat my harder werk.”
  • Jay-Z het haar ontdek en ’n platekontrak by sy platemaatskappy Roc Nation gegee. Rita sê Jay-Z se vrou, Beyoncé, was ’n mentor en het haar terugvoer op haar opkomende debuutalbum gegee.
  • Haar grootste mode-inspirasie is Gwen Stefani.  “Ek is dol oor alles omtrent daardie vrou,” sê sy.
  • Sy gaan uit met Kim Kardashian se jonger broer Rob Kardashian (25). Die twee het onlangs saam met Kim en Kanye West in Londen gekuier.
  • Watter raad sou sy aan haar 18-jarige self gee? “Moenie dink alles gebeur oornag nie. Ek doen dit al vandat ek 14 is en daar was baie tye wat ek gedink het dinge gaan gebeur en dan is ek teleurgestel. Ek het geleer om geduldig te wees en die lewe sy gang te laat gaan.”

BRONNE: facebook.com, 4music.com