Gee jou seekos ’n bietjie byt!

large_quick_meals_10

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Kooktyd: 10 min.

Die komkommersous is perfek koel vir die pikante calamari.

Vir die komkommersous: 

1 groot komkommer, gerasper

250 ml (1 k) laevet of vetvrye gewone jogurt

2 knoffelhuisies, fyngedruk

hand vol vars basilie, gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

Vir die calamari:

30 ml (2 e) rooikerriepasta

15 ml (1 e) vrugteblatjang

15 ml (1 e) soetrissiesous

1 blik (410 g) tamatiepuree

4 middelslag-calamaristeaks, skoongemaak en in repe gesny

KOMKOMMERSOUS

Druk soveel moontlik vloeistof uit die komkommer. Meng met die res van die bestanddele. Bedek en verkoel tot nodig.

CALAMARI

Verhit ’n droë pan. Voeg die kerriepasta by en verhit ’n paar sekondes. Voeg die blatjang, rissiesous en tamatiepuree by. Verhit tot die mengsel kookpunt bereik. Voeg die calamari by en kook ’n paar minute of tot gaar. Sit die calamari voor in ’n groot volgraan-tortilla, of saam met volgraanpasta of bruinrys. Skep van die komkommersous oor.

WENKE

Gebruik 500 g ferm witvis (byvoorbeeld stok- of engelvis in blokkies gesny) pleks van calamari. Jy kan ook seekos-marinaramengsel gebruik. Ontvries die seekos, sit in ’n sif en spoel onder lopende koue water af.

Besoek Checkers vir nog resepte.