Hy het gal gebraak toe hy volgens hom op ’n korrupte manier teen die Rus Wladimir Nikitin verloor.
Maar hy was nie die enigste een nie.
Groot ontsteltenis uit alle oorde na die uitslag.

“My droom is aan skerwe. Ek is beroof,” het hy gesê.

Maar ten spyte daarvan dat Mick bitter voel omdat hy as ’n verloorder na Ierland moes terugkeer, het ’n vyfjarige aanhanger van die bokser skoon die wind uit sy seile gehaal. Hy weet immers hoe dit voel om ’n medalje te verower nadat hy onlangs tydens sy skool se sportdag een gewen het. Finn McManus van Dublin het sonder omhaal sy negejarige suster, Lily, se hulp ingeroep om ’n brief aan sy held te stuur. Die brief lui: “Hi, Michael. My naam is Finn en ek is vyf jaar oud. Ek het jou geveg in Rio gesien en jy moes gewen het, want jy is die beste bokser in die wêreld. Ek wil hê jy moet my skoolmedalje kry, want jy is ’n wenner. Ek hoop jy hou daarvan. Van Finn.

Finn se ma, Meadhbh, het die medalje en die briefie in ’n privaat boodskap na Michael se Facebook-blad gestuur.

Haar broer het op sy beurt die foto op Twitter gedeel. En die res was, soos die gesegde lui, geskiedenis. Michael het die foto op Twitter gedeel en belowe dat daar ’n geskenk vir Finn op pad is.

Bron: bbc.com, Twitter