Dis reeds ure later, maar steeds gons dit Maandag in sosiale media rondom dáárdie rekord en dáárdie man: Wayde van Niekerk. Natuurlik was daar van meet af aan suurknolle wat onmiddellik in twyfel getrek het of Wayde op eie stoom, of dalk met ’n bietjie chemiese hulp, die rekord laat spat het. Dis wat ’n berig in die New York Times waarskynlik impliseer.

New York Times, 15 Augustus 2016.
Wel, wêreld, kry dit sommer regstreeks uit die spreekwoordelike perd se bek:
Met die bogtery uit die pad, kan daar nou weer van vooraf lekkergekry word oor die man met ’n droom en ’n oumagrootjie met ’n (afrigters-)plan. Kan een mens so bly wees? Tannie Ans, Wayde se jare lange afrigter, se uitdrukking van absolute ongeloof het harte wêreldwyd verower.
Lees ook: #Rio2016: Dis goud en Wayde van Niekerk verpletter wêreldrekord! Die nuwe wêreldrekordhouer se gesig spreek boekdele.
Die oomblik toe die nuus tref.

A photo posted by cindy fatsis (@cinloufa) on

Wayde sê hy het nie eers geweet wat aangaan nie.
Tannie Ans saam met haar kampioen.

A photo posted by Your Family Magazine (@yfmag) on

Jammer, ouens, maar hierdie een is myne!
Dit was tot nou toe ongehoord vir ’n atleet om die 400 m vanuit baan agt te wen. Die rede daarvoor is onder meer omdat die atleet nie maklik kan bepaal waar sy teenstaanders is nie. Die baan word saam met baan een word as die taaiste om in te hardloop beskou.
So he bekendes op Wayde se prestasie gereageer: Van een kampioen aan ’n ander. Die langafstandatleet Elana Meyer wat self ’n Olimpiese silwermedalje losgehardloop het, deel haar blydskap.
Uit alle oorde stroom daar bewondering in vir die oumagrootjie wat een van die vinnigste manne ter wêreld afrig.
Ons is gek oor DJ Fresh se titel vir Tannie Ans.
Jeannie D deel haar blydskap oor daardie oomblik.
Natuurlik het die wêreldkampioen Usain Bolt ook die oomblik gedeel!
Mmusi Maimane het die politiek vir eers opsy geskuif en ook lof aan Wayde gebring.
Helen Zille vertel van die kameraman wat onverhoeds betrap is.
Uit die Proteas se kamp het AB de Villiers Wayde geloof vir sy inspirasie.
Leanne Manas verwoord wat talle Suid-Afrikaners vandag voel.
Die aktrise Kim Engelbrecht sê die regte ding: drome word waar.
Die Springbok, Lionel Mapoe, deel sy respek vir Wayde.
Wanneer jou gunsteling-sokkerspan jou gelukwens . . .
Die omroeper Udo Carelse se komiese kommentaar gaan aanklank by talle vind.
Breyton Paulse se komieklike twiet.
Almal wat Wayde se verstommende vertoning gekyk het, sou in alle waarskynlikheid ook op hierdie manier wou afkoel.

A photo posted by Tesha Mongi (@wazozuri) on

Geniet daardie goud, Wayde. Jy het dit voorwaar verdien!

A photo posted by Joanne Erentze (@tersia01) on