Michael het Dinsdag (Woensdag SA tyd) in Rio de Janeiro by die Olimpiese Spele vir die derde keer goud in die 200-vlinderslag gekry in ’n blitsige 1:53:36. Chad moes tevrede wees met vierde plek vir sy 1:54.06.

Die Japanner Masato Sakai het met 1:53.40 tweede gekom en die Hongaar Tamas Kenderesi derde met 1:53:63. Chad het Suid-Afrikaners wel al trots gemaak by die Spele met ’n onverwagse silwermedalje in die 200-vryslag met ’n tyd van 1:45:20.
Chad was hierdie jaar – net soos die vorige Spele – ’n naam op die wêreldtong. En dié keer was dit gekskeerders wat hom en Michael, wat al ’n hele ruk mededingers is, teen mekaar afgespeel het.
Micheal se gesig lyk asof dit onweer voorspel voor hy Chad in die halfeindronde van die 200-vlinderslag die stryd aansê en die glimlaggende Suid-Afrikaner se danspassies staan hom duidelik nie aan nie . . .

Maar, Chad is steeds ‘unbelievable’ . . . Tydens die vorige Spele het sosiale media gegons omdat Chad Michael geklop het en die goud vir dieselfde item gekry het, maar hy was nie die grootste ster van die dag nie – sy pa was! Die Suid-Afrikaner se pa, Bert, het waarskynlik die bekendste ondersteuner geword het met sy passievolle ondersteuning vir sy “ongelooflike” seun. Sy reaksie was goud werd. Bert het die woord “unbelievable” vlerke gegee en wêreldwyd opslae gemaak. Herleef die goue oomblik hier:

Chad le Clos het vroeër vanjaar onthul albei sy ouers het kanker. Chad was toe besig om voor te berei vir die Spele en het erken die laaste paar maande “was nie die maklikste tyd nie”.

Hier is ’n dieper kykie na Chad se lewe en sy swemloopbaan: