Dan word dit ’n kwessie van “raak aan een van ons, dan raak jy aan almal”. Toe Chad le Clos onder kuberboelies deurgeloop het na sy neerlaag teen Michael Phelps, het Suid-Afrikaners warm onder die kraag geword.

Noudat die visier op nog een van ons Olimpiese droom-atlete, Caster Semenya, ingestel word, is dit nie net warm onder die kraag nie. Die stoom trek behoorlik, want daar’s net soveel wat verdra kan word.

In 2009 moes Caster meer as net die gewone kwota vernedering verduur toe sy as 18-jarige atleet toetse moes deurloop om haar geslag te bepaal. Daar is selfs na die jaar verwys haar groot vernederingsjaar.

Asof dit nie genoeg was nie, het die uitslae daarvan uitgelek. Die aanbeveling was dat sy een of ander vorm van behandeling moes ondergaan. Lees ook: Operasie dalk die einde van Caster Toe Sports Illustrated op 11 Augustus begin krap het waar dit nie jeuk nie, was die spreekwoordelike vet in die vuur. In die artikel word onder andere gesê dat Caster se deelname aan die Olimpiese Spele ’n emosionele debat rondom geslag en sport gaan ontketen, een wat by verre meer van ’n uitdaging gaan wees as die vergelykbare “eenvoudige kwessie van opkikkers.”

Soos tereg opgemerk word: dit gaan nie oor kritiek nie, maar oor die wreedheid waarmee sy bestook word.
Die joernalis, Mandy Wiener, vra die vraag waarmee talle spook.
Natuurlik wapper die rooi vlag op Twitter ook vir talle wat sterk aan Caster en haar vermoëns glo; soms met ’n skeutjie humor en soms met groot erns. Maar die boodskap is duidelik: #HandsOffCaster
Só het Caster talle van die haatpraters stilweg geantwoord.
Wat kan jy doen om die wêreld daarbuite te wys dat Caster ’n gerespekteerde, hardwerkende atleet is wat net soveel reg soos elke ander lewende wese op aarde het om haar plekkie in die son te geniet? Neem ’n foto van jouself in die kenmerkende Semenya-styl en deel dit op twitter met hutsmerkie #TeamCaster
Maak seker jy teken hierdie datums en tye in jou dagboek aan. Want sowaar as wat padda manel dra, Caster gaan die wêreld beslis op hul neusie laat kyk.