Vir weke is Suid-Afrikaners besig om te hoop, droom en wens Caster Semenya sit die wêreld ore aan. Op Twitter het die meeste van die gesprek boonop onder die hutsmerk #Caster4Gold gebeur. Wel, ons kan bars van die trots. Soos Fikile Mbalula, ons minister van sport terdeë twiet: “Goue Caster!”

En die minister is heeltemal in die kol toe hy twiet:

Caster het die land op sy voete met haar gemaklike wen tydens die 800 m vir vroue by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro in Brasilië.

Suid-Afrika se nuwe goue meisie het met ’n blitsige tyd van 1:55.28 die wedloop gewen. En om alles te kroon was Caster se groot oomblik ook ’n trotste oomblik vir die hele Afrika toe Francine Niyonsaba van Burundi en Magaret Wambui van Kenia boonop die tweede en derde op die podium opgeneem het.

caster medaljes
Caster het ongelukkig nie die wêreldrekord van 01:53.28 sekondes, wat die Tsjeg, Jarmila Kratochvílová, in 1983 opgestel het, verbeter nie. Maar dit was bitter naby . . . Het jy Caster se wedloop misgeloop? Kyk dit hier: