Die huidige wêreldrekord vir hierdie item is 1 minuut 53.28 sekondes, wat die Tsjeg, Jarmila Kratochvílová, in 1983 opgestel het. Die naaste wat Caster al aan hierdie rekord gekom het, was toe sy vroeër vanjaar by die Diamantligabyeenkoms in Monaco die 800 m in 1 minuut 55.33 sekondes gehardloop het. Dit was haar vinnigste tyd in agt jaar. Ná haar wen vandag sal Caster weer Vrydag om 02:15 die geleentheid kry wanneer sy aan die halfeindronde van die 800 m vir vroue deelneem. Die finale ronde vind Sondag om 02:15 plaas. Só het die wêreld Caster sé prestasie vandag aangekondig: