Die mansroeispan met Lawrence Brittain en Shaun Keeling het by die Olimpiese eindronde vir manspare die derde silwermedalje vir Suid-Afrika losgeslaan.
Die roeipaar het tweede geëindig ná Nieu-Seeland se Eric Murray en Hamish Bond.
“Die omstandighede is rof, maar ons het steeds geslaag in wat ons moes doen. Niemand het gesê dit gaan maklik wees nie,” het Lawrence twee dae vroeër op Twitter gesê.