Rihanna sê sy haat dit om partytjie te hou.

Die Diamonds-sangeres het die reputasie van iemand wat elke aand woes in verskillende klubs kuier. Tog is sy moeg vir die partytjiehouery, sê sy.

In ’n onderhoud met die geselsprogram Alan Carr: Chatty Man, wat Vrydag uitgesaai word, sê sy: “Ek is so ’n vervelige rockster. Ek doen letterlik niks. Ek is eintlik skaam om dit te sê.

“Ek het so ’n ou knol geword, ek haat dit om partytjie te hou. Ek weet nie of dit dieselfde musiek elke aand is nie . . . ek weet nie. Miskien het ons meer platejoggies nodig.”

Die ster (25) sal waarskynlik R16 miljoen skadevergoeding ontvang nadat sy haar hofsaak teen die Britse winkelgroep Topshop gewen het.

Rihanna het die beheermaatskappy, die Arcadia Group, gedagvaar omdat die winkels ’n T-hemp met haar gesig op sonder haar toestemming verkoop het.