Rihanna betaal ’n VVV-kyker vir nuus oor ruimtewesens.

Die 25-jarige sangeres is oortuig daarvan dat ruimtewesens bestaan en betaal ’n lugbespieder in die Mojave-woestyn om haar inligting oor waarnemings te gee.

’n Bron het aan die Daily Star gesê: “Rihanna het nog altyd geglo dat ruimtewesens in haar leeftyd op die aarde sal land.

“Sy het toe begin om die man, wat homself ’n hemelebespieder noem, te gebruik om haar uit Nevada enige inligting oor waarnemings uit die buiteruim te gee.”

Die twee se kontakpunt is die Little A’Le’Inn, ’n restaurant en motel in Nevada wat bekend is om sy “ruimteburger”.

Die bron het gesê: “Hy nader haar vanuit die Little A’Le’Inn, ’n motel waar VVV-jagters tuisgaan.

“Dis ook naby een van die wêreld se mees geheime regeringsbasisse, Area 51. Dis nie net ’n gier vir Rihanna nie; sy glo heeltemal hieraan en gee nie om om haar geld vir resultate uit te gee nie.’’

Rihanna het al vertel dat sy as kind in Bridgetown, Barbados, na die lug gestaar het om ’n ruimte-inval te sien.

Sy het gesê: “My pa (Ronald Fenty) het my die hele nag buite op die trap laat sit sodat ek kon uitkyk vir VVV’s wat verbyvlieg, en ek moes dit jare lank doen.”