Die wêreld het nog sulke mense nodig.

[caption id="attachment_112024" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

’n Ma van vyf se bloedsuikervlak het gevaarlik laag gedaal. Sy is van haar huis na die hospitaal geneem, maar die kinders het agtergebly.

Luidens die Eindhoven-polisiedepartement se Facebook-blad het twee polisiemanne, wie se name nie bekendgemaak is nie, in die huis agtergebly terwyl hulle op ’n familielid gewag het om na die kinders te kom omsien.

Toe hulle agterkom die kinders het nog nie aandete gehad nie, het hulle moue opgerol en vir die kroos iets te ete aanmekaargeslaan: toebroodjies, gebakte eier en vrugte. Eers nadat die polisiemanne die skottelgoed gewas het, is hulle daar weg.

Ware helde, dié twee.

Bronne: Facebook, metro.co.uk