ribeye-225x225

Jou benodigdhede:

2 Steakhouse Classic riboog-steaks

2 groot aartappels, ongeskil

1 ui, gekap

45 ml (3 e) gerasperde parmesaankaas

60 ml (¼ k) balsemieke asyn

5 ml (1 t) growwe swartpeper

olyfolie

sout

Voorverhit die oond tot 160 °C. Sny die aartappels in skywe van sowat ½ cm en pak in ’n enkellaag op ’n bakplaat. Sprinkel olyfolie en sout oor en rooster 10 min,; draai een keer om. Sprinkel die kaas oor en rooster nog 3-4 min. of tot die kaas smelt en die aartappels bruin is. Braai die ui in 15 ml (1 e) olie in ’n pan tot sag en verwyder met ’n gaatjieslepel. Sprinkel die peper en 3 ml (½ t) sout oor die steaks. Braai die steaks in dieselfde pan oor medium-hitte in 15 ml (1 e) olyfolie tot alkant bruin. Verminder die hitte en skep die vet af. Voeg die asyn en gaar ui by en braai ’n minuut. Lepel die uie oor die steaks en sit voor saam met die aartappels.

- Resep met die komplimente van of Nataniël.

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.