Die donkerkopsangeres is swanger met haar tweede kind, het kykNET se tydskrif Digityd vroeër vanjaar berig. 

Haar aanhangers het haar oorval met komplimente en gelukwensings oor die swangerskap. 

“Jy het so mooi gesing in The Voice! En nou die dag ook in Ons Trou Tune! Een van my twee gunsteling- Afrikaanse sangeresse. Soveel talent en dan nog so deksels mooi ook!” het ene Chrizelle Coetzee Dawes oor die foto gesê. 

Riana, wat vanjaar tydens die Ghoema-pryse in ’n rooi rok op die rooi tapyt verskyn het, het toe al haar arm beskermend oor haar maag gevou toe sy saam met die voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss afgeneem is. 

Saam een van my gunstelinge! @riananelofficial ???? @casperdesigner ?? Nou mis ons jou @freya_grh

A post shared by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

Sy het vroeër vanjaar haar seuntjie, Tristian, se eerste verjaardag gevier en sommer self skouer aan die wiel gesit en vir hom ’n sjokoladekoek gebak.

Baba beertjie word môre 1 jaartjie oud! Mamma probeer bak! ????

A post shared by Riana Nel (@riananelofficial) on

Hoor hoe het sy in The Voice geklink . . .