As kind in Namibië het sy vir die bokke en skape gesing. Op vier was haar gehoor die lidmate in die kerk waar sy en haar pa gesing het.

Maar later het Riana Nel besluit, nee wat, ’n sangloopbaan is nie vir haar nie. “Ek het gedink ek wil liewer teken, modeontwerp of argitektuur studeer, foto’s neem of tornado’s gaan jaag. Ek wil alles doen, behalwe sing. Net een in ’n miljoen haal die paal.”

Maar die lewe het ’n ander paadjie met haar geloop en vandag, pleks van op die Khomashoogland in Namibië vir bokke en skape sing, tree sy op regte verhoë voor honderde bewonderaars op.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg ons op Twitter.