Dit is vandag die akteur en sanger van ADAM, Reynardt Hugo, se 27e verjaardag. Ons het by hom gaan hoor wat hy vandag doen.

Ek gaan vandag saam met my familie by my ouers se huis in Pretoria spandeer en lekker kuier en braai. Dis so ‘n voorreg, ons sien mekaar maar min, omdat ons so baie reis. Dit is die eerste keer in ‘n baie lang tyd dat ek my familie sien op my verjaardag.”

“Hulle het my bederf met ‘n mooi leer baadjie van Super Dry waarvoor almal ‘n bydrae gemaak het,” sê Reynardt wat eintlik niks verwag het nie. “Ek het klaar alles wat my hart begeer, familie, liefde en die lekkerste werk in die wêreld.”

- Suzanne Venter