Meer as 5 000 mense wat binne ’n radius van 20 km vanaf die vulkaan woon, is inderhaas na veiliger gebiede verskuif. Alle vlugte in die omgewing is afgelas.
Dit is die eerste keer in bykans ’n halfeeu dat Calbuco uitbars. Die laaste keer was in 1972. Calbuco word beskou as een van die wêreld se gevaarlikste vulkane. Dit is sowat 1 000 km vanaf Chili se hoofstad, Santiago, geleë.

Bronne: CNN; Aljazeera