Dié vreesaanjaende monsterstorm het laat Donderdagmiddag gevorm en gou grootskaalse verwoesting gesaai. Een mens is dood en sewe ander is beseer.

Robin Biggs, wat al 18 jaar in die omgewing woon, het aan plaaslike nuusagentskappe gesê sy het nog nooit so ’n groot tornado gesien nie. “Die tornado het ook vreeslik lank op die grond gebly. Dit was massief.”

’n Plaaslike polisielid, Brian van Vickle, het gesê sowat 20 geboue het in die slag gebly. Twaalf mense was langer as ’n uur en ’n half vasgekeer in die kelder van ’n restaurant wat tydens die storm verwoes is, maar hulle is ongedeerd. Die Amerikaanse midweste word jaarliks deur tornado’s geraak, maar ’n tornado van hierdie omvang is ongewoon. Kyk hier na ’n video van die reuse tornado: