Die snylem het die bestuurder, Xiang, naelskraaps getref toe dit teen die enjinkap bots en deur die enjin skeur.

Terwyl hy op die snelweg na Chongqing bestuur het, het Xiang ’n harde slag gehoor toe ’n vragmotor vol nywerheidstoerusting buite beheer raak en drie of vier snylemme deur die lug tot op die snelweg trek.

Oomblikke later het die reuse lem deur bosse gerol en op Xiang se motor afgepyl. “Ek het ’n slag gehoor en toe wit rook voor my sien uitborrel. Ek het amper beheer oor my motor verloor,” sê Xiang.

Wonderbaarlik het die lem Xiang nie getref nie toe dit 50 cm diep by die voorste sitplek van die motor inwig. Die gelukkige bestuurder het met skaars ’n skraap van die fratsongeluk afgekom.

’n Beampte op die toneel het aan die plaaslike media gesê Xiang was ongelooflik gelukkig om te oorleef en sou beseer gewees of gesterf het as die lem die motor teen ’n ander hoek getref het.

Volgens ’n wêreldwye ondersoek wat die mediese vaktydskrif The Lancet 2013 onderneem het, is padbeserings die derde grootste oorsaak van sterftes in China en eis dit selfs meer lewens as kanker.

BRONNE: TELEGRAPH.CO.UK, NEWS.YAHOO.COM