Die 59-jarige “reuse en liggaamlik intimiderende bestuurder” het vroeg Saterdag met twee passassiers op die R24 weswaarts gery, het die woordvoerder lt.kol. Wilfred Kgasago Sondag gesê.

Daar is beheer verloor oor ’n tientonvragmotor vol hout en dit het omgeslaan. Dit het tot die sluiting van lane en beduidende opeenhopings gelei.

Wilfred sê die man het “elke reël in die boek rakekende verkeer en morele kwessies oortree”. Hy het blykbaar die beheermaatreëls wat gegeld het en die aanwysings van metropolisielede verontagsaam.

“Waarskuwings soos sirenes wat loei en blou ligte wat flits wat dui dat hy sy oortredings moet staak, het op dowe ore geval en die beamptes is met geen keuse gelaat as om hom te arresteer nie.”

Hy het die beamptes na bewering “ondrukbare woorde” toegesnou en hulle aangerand, sê Wilfred. Hulle moes hom met pepersproei beteuel.

Die man is van crimen injuria, aanranding en verset teen inhegtenisname aangekla.

Hy sal na verwagting later vandag in die landdroshof in Germiston verskyn.

Bron: News24

Lees ook op Huisgenoot.com:

‘Ek is klaar met seuns!’: Tiener deel haar skreeusnaakse dagboek van toe sy sewe was

Dis winter, dit is hoe jy seker maak jou geiser trotseer die koue

Is dit dalk die uitspattigste en vreemdste pizzas ter wêreld?

En die 1ste wenner van The Voice SA is . . .

Beursie-held hartlik vir sy goeie daad beloon