Regt. Masipa het vanoggend gesê twee van die staat se getuies, Michelle Burger en Charl Johnson, se getuienis behoort verwerp te word.

Michelle en Charl het getuig dat hulle die nag van Reeva Steenkamp se dood ’n vrou se gille gehoor het.

Sy het gesê dat Michelle en Charl ’n eerlike fout begaan het, en dat die afstand tussen hul huis en Oscar s’n hul getuienis verswak.

Sy het verder genoem dat iemand wat wonde van so ’n ernstige graad soos Reeva opgedoen het, nie sou kon gil nie omdat sy byna onmiddellik bewusteloos sou wees en respiratoriese funksies, soos gil, sou verloor.

Dus sou slegs een persoon daardie nag kon gil, het regt. Masipa gesê.

Die media se rol in die saak kan nie geïgnoreer word nie, en van die getuies het erken dat hulle die saak se dekking in die media gevolg het. Sy het opgemerk dat hierdie getuies hulle moontlik nie kon distansieer van dit wat hulle oor die saak gelees het nie. - Mieke Vlok