George –

Danksy Paul Richards se optrede het die drie vroue – ’n 56-jarige en 19-jarige van Australië en ’n 18-jarige van Botswana – gesorg dat hulle veilig die strand bereik nadat hulle deur ’n sterk sleurstroom ingetrek is.

Paul het Vrydag aan News24 gesê hy het pas sy restaurant langs die see verlaat toe hy opmerk dat ’n vrou vir hom wuif vanuit die water. Die waaksame eienaar van die Sandown Blues Restaurant and Cocktail Bar sê hy het dadelik geweet die vroue is in die moeilikheid.

“Ek kon sien daar’s ’n slegte kol en het een van ons kelnerinne gevra om die polisie te bel. Ek het opgemerk dat hulle terug teen die stroom probeer swem en het besef hulle maak ’n fout en het hulp nodig.”

Paul het na ’n nabygeleë rots gegaan en vir die vroue met meestal hand- en armgebare gewys hulle moet saam met en nie teen die stroom beweeg nie.

“Ek het later strand toe gegaan waar ek ’n bietjie beter met hulle kon kommunikeer. Dit gaan jou moeg maak as jy teen die stroom swem. Nadat ek hulle een vir een gehelp het, het hulle hul weg na die strand gemaak.”

Die vroue was pootuit, maar verlig en dankbaar toe hulle uiteindelik droë land bereik. Paul sê die hele beproewing het sowat 30 minute geduur en hy’t bygevoeg dis nie die eerste keer dat mense in daardie gebied deur die stroom ingetrek is nie.

“Dis ’n slegte kol. Jy kan heuplengte in die water staan en as een brander jou tref, is jy nie meer op jou voete nie en beland jy in baie dieper water.”

Bron: News24