Die munte word vir sirkulasie en as deel van ’n versamelaarstel uitgereik, sê Hlengani Mathebula, ’n woordvoerder van die SARB.

Die SA Munt vervaardig die munte.

“Die SA Munt sal die sterlingsilwer-R2-kroon as ’n enkele munt uitreik met ’n beperkte oplaag van duisend, asook as ’n deel van ’n versamelaarstel bestaande uit die kroon, die sirkulasiemunt en 20 gedenkposseëls,” het Hlengani gesê.

“Die stelle sal tot 700 beperk word. Albei die stelle en die R2-kroon sal by die SA Munt en Coin World beskikbaar wees.”

Die voorkant van die munt bevat die land se wapenskild, jaar van uitreiking en die woord Suid-Afrika in Xhosa en Afrikaans. Op die agterkant van die munt is ’n afbeelding van die Uniegebou.

Die R2-sirkulasiemunt sal van vroeg 2014 af uitgereik word.

- SAPA

Sapa