Juanita du Plessis sit eenvoudig geen voet verkeerd nie, sy kry die resep vir ’n trefferalbum altyd reg.

Geen wonder alles waaraan sy raak, verander in goud nie: Haar warm, diep stem is oorrompelend, sy’s een van die voorste skrywers van pop-liedjies in die land en haar wysies is altyd aansteeklik.

Haar nuwe album, Engel Van My Hart, is weer ’n treffer en jy sal dadelik daarop verlief raak.

By hierdie CD kry jy ’n bonusalbum met tien duette waaronder Dowwe Spore saam metTheuns Jordaan en Somewhere Between saam met Steve Hofmeyr.

Moenie eers twee keer dink voor jy dit koop nie – dit gaan een van jou gunstelinge van die jaar word!

Ons dink: 4/5

Op die internet

http://www.juanita.co.za

Facebook-blad