Jou hart gaan swel en breek, warm klop en ineenkrimp. Jy sal dán jubel, dán ’n rou snik gee. Want niks ry so met ’n mens se emosies wipplank soos ’n lekker love song nie! Daar is 40 liedjies op dié dubbelalbum en iets vir elke skakering van die spektrum van gevoelens wat ’n mens ervaar wanneer jy verlief raak of jou hart in stukke breek. Van Kurt Darren se Uit die Diepte van My Hart en Juanita du Plessis en Theuns Jordaan se Bring Jou Hart tot Bles Bridges se Ek Was Altyd Lief vir Jou en Anneli van Rooyen se Eerste Liefde.

Ons dink: 4/5