Musiekliefhebbers wonder al lank of Steve Hofmeyr se seun, Armand, by sy ikoniese pa sal kan kers vashou.

Die appel val toe sowaar nie ver van die boom nie! Sy langverwagte debuutalbum is pas uitgereik en hy het báie talent.

Hy het dieselfde rou klank in sy stem, maar dis nie so diep soos sy pa s’n nie. Plek-plek, soos in die liedjie Vergewe My, skemer sy jeugdigheid effens te veel deur, maar met die wonderlike Hart in Twee Wil Deel en die opruiende As Jy Wil bewys hy hy is ’n talentvolle sanger uit eie reg.

En ja, hy het al die liedjies self geskryf.

http://www.facebook.com/Armand.Hofmeyr