Die akteurs werk hard aan Pitch Perfect 2 wat in Mei 2015 uitgereik word, en Anna Kendrick het dié foto van die repetisies vir die eersdaagse fliek gedeel.

In dié kultustreffer speel Anna (28) die universiteitstudent Beca wat teen haar sin lid word van haar skool se a cappella-groep, die Barden Bellas. Daar is ’n paar skreeusnaakse oomblikke wanneer Beca die res van die karakters bevriend. Hulle word onder andere vertolk deur Rebel WilsonBrittany Snow en Anna Camp.

pitch perfect rehearsal instagram

“Sondag se spontane laataandrepetisie-poging,” het Anna by die foto geskryf. “Mal oor die meisies; verpes die liggaamlike aktiwiteit.  #GallowsHumor #ItllBeGreatOnTheDay."

Bron: usmagazine.com