Maar dit was nie haar mooi Carolina Herrera-rok wat die tonge laat klap het nie – dit was haar voorkoms, wat sedert haar Bridget Jones-dae heeltemal verander het.

Maar te midde van die bespiegelinge oor of sy onder die mes was, bly die 45-jarige Renée kalm. “Ek is bly mense dink ek lyk anders! My lewe is anders, gelukkig en vervullender; dalk wys my geluk op my gesig,” het sy aan die tydskrif People gesê en bygevoeg die hele bohaai is “laf. Daar is mense wat grawe vir die een of ander skandalige waarheid wat nie bestaan nie, en hulle sal my nie uitlos voor ek daaroor praat nie.”

Vir die Bridget Jones-flieks het sy ’n voller figuur gehad, asook haar kenmerkende ronde wange. Nou is haar gesig en figuur skraler. brdiget Die aktrise dink haar tyd buite die kollig het haar en haar voorkoms die wêreld se goed gedoen. “My vriende sê ek lyk rustig. Ek is gesond,” het sy gesê. “Ek het lank nie na myself omgesien nie. My rooster was nie volhoubaar nie en ek het nie ruimte gelaat om na myself te kyk nie. Ek het verkies om aan te hou pleks van rus. Ek het slegte besluite geneem oor hoe om die uitputting te verbloem. Ek was bewus van die chaos en het eindelik anders gekies.”

'Ek het werk gedoen wat my laat stilsit het.'

Renée is nou dolgelukkig in haar verhouding met Doyle Bramhall II (45).

Sy dink haar “gesonde” nuwe voorkoms vang mense onkant. “Ek het werk gedoen wat my laat stilsit het; ek kon ’n tuiste skep, iemand liefhê, nuwe goed leer, as ’n kreatiewe mens groei en eindelik in my vel gemaklik voel,” het sy verduidelik. “Dalk lyk ek anders. Maar wie se voorkoms bly dieselfde soos hulle ouer raak? Maar ek is ’n ander mens; ek is gelukkig.”

© Cover Media