Renate was nege jaar lank teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens in ’n hofstryd gewikkel omdat sy twee keer weens regstellende aksie nie in ’n nuwe superintendent-pos (volgens die ou range) aangestel is nie.

Die pos is die eerste keer in November 2005 geadverteer en later weer in 2006. Renate is as die beste kandidaat aangewys en deur die afdelingskommissaris aanbeveel, maar die nasionale polisiekommissaris wou op grond van diensgelykheid nie die aanstelling goedkeur nie. Hy het aangevoer dat dit nie ? kritieke pos is nie.

Die saak was eers in die arbeidshof, waar dit in Renate se guns beslis is, maar die polisie het geappelleer. Eindelik het die saak in die konstitusionele hof gedraai; die uitspraak van die arbeidsappèlhof – wat ten gunste van die polisie beslis het – is bekragtig, en die uitspraak van die hoogste hof van appèl in Bloemfontein – wat ten gunste van Renate was – is tersyde gestel.

’n Moedelose Renate sê: “Dit maak nie saak hoe hard jy werk nie, jou passie en ervaring gaan jou nêrens bring as jou velkleur nie reg is nie.”

Renate en die vakbond Solidariteit, wat die saak saam met haar gedryf het, oorweeg volgende moontlike stappe, soos om dit op internasionale forums te dryf.

Bronne: Maroelamedia.co.za, Solidariteit.co.za, Sapa.org.za, Die Burger