[caption id="attachment_48327" align="aligncenter" width="383"]Foto: Pan Media Foto: Pan Media[/caption]

NOEM my maar konserwatief, maar is dié regtig ’n kerkuitrusting? Britney Spears het ’n vreeslik noupassende rok (wat ’n paar keer gedreig het om haar sitvlak te ontbloot) saam met ’n paar hemelhoë ontkleedanseres-stewels gedra toe sy en haar kêrel, David Lucado, Sondag kerk toe is.

Die vraag is: hoekom? As ’n meisie wat in Amerika se Diep Suide – oftewel die Bybelgordel – grootgemaak is, moet sy tog beter weet as om so aan te trek? Miskien kyk die sangeres net weer hoe ver sy die grense kan toets – ’n mens kan nie help om terug te dink aan haar video vir Baby One More Time waarin sy ’n uiters sexy Katolieke skoolmeisie was nie.

Maar as ’n mens nou daarop aandring om die grense te toets, kan jy tog liewer iets kies wat modieus ook voor op die wa is. ’n Rolhalsrok met lang moue pryk nou nie juis aan die mode-voorpunt nie. Komaan, Brit, jy stap nou al ’n hele ruk op die regte paadjie – los die kaal klere vir die verhoog of jou eie huis. Ons sal selfs ’n gebedjie opstuur dat jy ’n ordentlike stilis kry.

-       Nici de Wet