Op Dinsdag 1 November het regter De Vos voor 'n volgepakte hofsaal uitspraak gelewer in die saak teen Fanie du Preez. Hy word daarvan aangekla dat hy sy drie gesinslede in Desember 2015 vermoor het. Fanie is skuldig bevind aan drie aanklagte van moord, asook regsverydeling.

Hy sal van 12-14 Desember sy vonnis opgelê word.

Vroeër vandag

Regter de Vos het in sy uitspraak gesê dat al die feite daarop dui dat Fanie “verantwoordelik was vir die moorde” op sy familie.
Hy het Fanie se weergawe van die aand en daaropvolgende oggend se tragiese gebeure verwerp.
Die regter het vroeër vandag al die staat se getuienis se weergawes as waar aanvaar. Hy het egter nie Fanie se getuienis herhaal nie.
Fanie het beweer dat hy onder dwang verkeer het om sy vrou, Thea, en hul twee kinders, Carlia en Philip, dood te skiet.

Die regter dui egter aan dat dit moeilik is om Fanie se weergawe is. Fanie het onder kruisverhoor erken dat hy verskillende verklarings afgelê het. Lees ook: Skokkende besonderhede oor die Vanderbijlparkmoorde kom aan die lig Dit het gewissel van inbrekers tot Nigeriese dwelmbase en toe weer Libanese dwelmbase wat hom glo sou forseer het om sy gesin dood te maak.

Regter de Vos noem dit ook insiggewend dat Fanie niks gedoen het om sy gesin te beskerm nie. Hy kon ook nie verduidelik hoekom die Libanese hom, as 'n ooggetuie, lewendig sou agterlaat nie.
Die regter spaar nie woorde oor die leuens wat Fanie oor die moordaand sou verskaf nie.
Hy dui ook aan dat Fanie se stiefpa, Koos van Wyngaardt, 'n baie goeie indruk gemaak het. Koos en Fanie se ma, Joan, bly in 'n woonstel reg langs die huis.
Die afmetings van Fanie se leuens word met Pinocchio, die bekende karaktertjie wie se neus langer gerek het met elke leuen wat hy vertel, vergelyk.
Verskeie aspekte word geopper. Byvoorbeeld hoe die Libanese sou weet van die knaldemper (oliefilter) in die kamer, maar ook nie hul eie vuurwapens ingespan het om die familie te skiet nie. Regter de Vos: “U het direk gemik om dood te skiet.”

Vroeër vanoggend

Fanie kom voor op ses aanklagte, onder meer die opsetlike moorde op sy vrou, Thea en hul twee kinders, Carlia en Philip, in hul huis op Vanderbijlpark op 3 Desember 2015 is. Fanie ontken die moorde op sy gesin en verkwalik onder andere Libanese dwelmbase daarvoor.

Lees ook: Skokkende besonderhede oor die Vanderbijlpark-moorde kom aan die lig Regter De Vos dui ook aan waar Carlia getref is. Hy noem ook dat Philip met een skoot in die kop gewond is en dat Thea geslaap het voor haar dood.

Hy dui ook aan dat dit belangrik is om daarop te let dat Joan en Koos van Wyngaardt, Fanie se ma en stiefpa, se woonstel teenaan die huis geleë is.

Tydens sy uitspraak dui regter De Vos aan dat hy die polisiebeamptes Mofokeng en Chepatso se getuienis as waar en eerlik aanvaar.
'n Opsomming van die nadoodse ondersoek word met die hof gedeel; so ook 'n opsomming van Stefan Venter se getuienis. Hy het saam met Fanie gewerk.

Benjamin Dippenaar, die man wat vir Fanie gewys het hoe om 'n knaldemper uit 'n oliefilter te prakseer, het getuig dat Fanie die oggend van die moorde gehuil het. Die regter aanvaar Benjamin se getuienis. [caption id="attachment_142750" align="aligncenter" width="600"]Die oliefilter wat in 'n knaldemper omskep is. Die oliefilter wat in 'n knaldemper omskep is.[/caption] So lyk die oliefilter wat in 'n tuisgemaakte knaldemper omskep is. Die kussing, waarin die oliefilter geplaas is, het Thea se bloed daarop gehad. Daar het ook 'n koeël in die knaldemper agtergebly.

Regter De Vos deel 'n opsomming van elke getuie se weergawe. Ao. Alberts is die man wat Fanie volgens die hof wou beswadder.
Die regter bestee aansienlik tyd aan a.o. Alberts se getuienis voor hy dit aanvaar. Dit word as "reguit en duidelik" bestempel.

Kapt. Van Rooyen, ballistiese deskundige, se getuienis word as die waarheid aanvaar. Die 14-jarige Philip is op 'n kort afstand geskiet. Dit verklaar hoekom Carlia wakker was toe sy aangeval is.

Al die staat se getuies se getuienis word deur regter De Vos aanvaar.