’n Hof in die Amerikaanse deelstaat Arkansas het regter Michael Maggio afgedank nadat hy vertroulike inligting bekendgemaak het oor Charlize Theron se aanneming van haar seun, Jackson. Hy het ook kommentaar van ’n seksuele aard op besprekingsforums aanlyn gedeel.

Hy is lewenslank uit die regsberoep geskors omdat hy onder die skuilnaam “geauxjudge” uitgepraat het oor die aanneming waarby Theron in 2012 betrokke was, berig NBC News.

Charlize het twee maande ná die proses afgehandel is, bekendgemaak dat sy Jackson (2) aangeneem het, berig die Daily Mail.

Theron het nog nie op die voorval kommentaar gelewer nie.

Bron: NBC News