Regter Masipa het vanoggend gesê daar kan ’n reeks redes wees waarom Reeva haar selfoon in die badkamer ingeneem het, onder andere swak lig in die badkamer.

Sy het verder uitgewys dat Reeva moontlik in die nag die kamer kon verlaat om iets te gaan eet, vandaar haar leë maag.

Oscar Pistorius se getuienis is ook deur haar bespreek.

Sy het gesê die rigting waarin hy geskiet het, is teenstrydig met iemand wat skiet sonder om te dink, soos hy beweer hy gemaak het.

Sy het verder genoem dat Oscar beweer hy was nie voorbereid om sy vuurwapen af te vuur nie, maar tog was die geweer se veiligheidsmaganisme af.

-          Mieke Vlok