[caption id="attachment_148872" align="alignnone" width="600"]Angelina (Foto: Brian To/WENN.com) Angelina (Foto: Brian To/WENN.com)[/caption]

Die voormalige paartjie het gelyk of hulle in September regmaak vir ’n toesigstryd nadat Angelina aansoek gedoen het om haar huwelik van twee jaar met Brad te beëindig en ook vir alleentoesig vir hul ses kinders tussen die ouderdomme van agt en 15 jaar gevra het.

Die Ocean’s Eleven-akteur het teruggekap en gevra vir gesamentlike toesig, maar die twee het vroeg in November aangekondig daar’s ’n ooreenkoms bereik en Angelina het tydelike primêre toesig oor die kinders gekry met Brad wat besoekreg, wat deur ’n terapeut gemonitor moes word, toegestaan is.

Angelina het onlangs die ooreenkoms by die hof ingedien en ’n regter het dit Vrydag goedgekeur, berig TMZ.com.

Ingevolge die ooreenkoms sal dr. Ian Russ, ’n sielkundige wat die akteur se tyd saam met sy gesin monitor, op die bepalings van Brad se besoeke besluit.

Albei sterre moet ook voortgaan met groepterapiesessies saam met hul kinders en Brad moet vier keer ’n maand lukrake dwelm- en alkoholtoetse ondergaan.

Die ooreenkoms sal in plek bly tot albei ouers instem om die voorwaardes aan te pas of totdat ’n regter ’n hofbevel uitreik.

Die nuus kom sowat ’n maand nadat die departement van kinder- en gesinsdienste in Los Angeles Brad van enige oortreding vrygespreek het rakende ’n voorval tussen die akteur en sy aangenome seun, Maddox, aanboord ’n privaat vliegtuig in September.

Die beweerde voorval het glo daartoe aanleiding gegee dat Angelina hom vier dae later om ’n egskeiding gedagvaar het.

– Cover Media