“Ek het verskeie getuies gehoor wat die beskuldigde se kwesbaarheid oorbeklemtoon,” het sy in die hooggeregshof in Pretoria gesê tydens die atleet se vonnisverrigtinge vir die strafbare manslag van sy meisie, Reeva Steenkamp.

“Ja, die beskuldigde is kwesbaar, maar hy het ook uitstekende hanteringsvaardighede. Hy het hom as gestremd beskou, maar het hard gewerk en wêreldwyd respek ingeoes.”

Sy het gesê Oscar het ’n aansienlike bydrae tot die samelewing gemaak.

“Hy het sy tyd en geld aan liefdadigheidsorganisasies geskenk en die publiek se waarneming van gestremdes verander. Dit kan nie geïgnoreer word nie en moet in perspektief geplaas word,” het regt. Masipa gesê.

Op 12 September is Oscar skuldig bevind aan die strafbare manslag van Reeva, maar nie van haar moord nie. Hy het haar op Valentynsdag verlede jaar in sy huis in Pretoria geskiet.