Luister weer na Henri se oproep op 27 Januarie 2015.

 

Regstreeks uit die hof

Vroeër vandag

 
 

Vroeër vandag

Só het Henri vanoggend by die hof aangekom.
 

Vroeër vandag

[caption id="attachment_157231" align="alignnone" width="600"]Henri van Breda kom tydens 'n vorige verskyning by die hof aan. Foto: Misha Jordaan, Huisgenoot Henri van Breda kom tydens 'n vorige verskyning by die hof aan. Foto: Misha Jordaan, Huisgenoot[/caption]
Hy staan tereg op drie aanklagte van moord, een van poging tot moord en ’n aanklag van dwarsboming van die gereg. Henri is in hegtenis geneem 17 maande ná sy ouers, Martin (54) en Teresa (55), en sy broer, Rudi (22), in die vroeë oggendure op 27 Januarie 2015 in hul huis op die luukse-gholflandgoed De Zalze in Stellenbosch vermoor is. Sy suster, Marli (16), het die aanval oorleef.

Henri sou ’n maand gelede sy pleitverduideliking op die aanklagte bied, maar die staat het tydens sy kort verskyning gevra vir meer tyd om met getuies te praat en bewyse te bekyk.

Die aanklaer Susan Galloway het gesê sy moet praat met getuies wat nie opgeneem wou word tydens hul getuienis nie.

Regter Siraj Desai het dieselfde dag Media24 se aansoek toegestaan om twee kameras te installeer om die hofverrigting op te neem en uit te saai, onderhewig aan sekere riglyne.

  Hy het die bevel later hangende appèlle opgeskort. Henri en die nasionale direkteur van openbare vervolgings het ’n dringende aansoek by die konstitusionele hof ingedien om die beslissing te appelleer, wat die hof op 13 April van die hand gewys het. Albei partye het daarna die appèlhof afsonderlik genader.

Henri het tot Maandag om hierop te reageer en Media24 en die nasionale direkteur van openbare vervolging het ook tot dan.

Bron: News24