The Daily Beast berig die vrou se prokureur, Gloria Allred, het bevestig haar kliënt gaan die aangewese president dagvaar.

Die mosie gaan na verwagting vandag nog ingedien word.

Volgens The Independent het minstens 13 vroue reeds voor die Amerikaanse verkiesing in November na vore gekom en gesê Donald het hulle voorheen seksueel misbruik. Dit sluit sy eerste vrou, Ivana Trump (67), in.

Die naam van die vrou wat die klag teen die aangewese president indien, is nie bekendgemaak nie.

Donald se inhuldiging as die 45ste president van Amerika vind Vrydag plaas.

Bronne: The Daily Beast, The Independent