Die verhoor kan voortgaan nadat ’n gewese persoonlike assistent van Lady Gaga (27) ’n regsgeding teen haar ingestel het. Die assistent beweer dat haar eksbaas haar oortydbetaling skuld.

’n Regter het Dinsdag die besluit geneem in die regsgeding wat deur Jennifer O’Neill ingestel is. Die regter sê ’n jurie kan besluit wat die popster Jennifer skuld. Jennifer het vroeg in 2009 en toe weer ’n jaar lank van begin Februarie 2010 af vir die sangeres gewerk.

Volgens Jennifer moes sy 24 uur per dag, sewe dae per week, vir die popster beskikbaar wees. Sy sê dat sy met haar eerste aanstelling ’n vaste bedrag van R500 000 per jaar betaal is, en met die tweede aanstelling R750 000 per jaar.

Prokureurs het nie dadelik kommentaar gelewer nie.

Sapa

sapalogo