Mamphela Ramphele is die hoofspreker en onderwysers kan by verskeie werksessies inskakel. Leerders, ouers en onderwysers kan ook ’n loopbaan-ekspo bywoon.

Inligting oor ’n paar van die werksessies. (Werksessies word slegs in Engels aangebied.)

Werksessie 1

  • Betrek leerders by wetenskap, tegnologie, ingenieurswese, kuns en wiskunde met unieke digitale projekte
  • Justin Taylor, Autodesk
  • Berei die volgende geslag voor deur hulle te leer om uitdagings met die hulp van Autodesk® te pak. Hierdie sagteware is deur leiers in die bedryf geskep en bevat omvangryke hulpmiddels vir onderwysers, tegniese video’s en 3D-tegnologie. Dit is maklik om te gebruik en kan met die bestaande kurrikulum geïntegreer word.
  • Donderdag 20 Junie 14:30-14:50

Werksessie 2

  • Die deel en gebruik van digitale onderwys-hulpmiddels
  • Brett Simpson, Breadbin Interactive
  • Met die toenemende gebruik van tablette en slimfone in die klas raak dit ál belangriker dat inhoud moeiteloos en kostedoeltreffend gelewer word. In hierdie werksessie sal daar na die beste metodes gekyk word om inhoud by die leerder en opvoeder te kry.
  • Vrydag 21 Junie 13:30-13:50

Werksessie 3

  • Die bestuur van aanlyn-onderwys in Suidelike Afrika
  • Mark Heidmann, Summit Education SA
  • Tegnologie is nou in feitlik elke aspek van die samelewing sigbaar. Hoewel die onderwys in sommige opsigte hierdie tegnologie begin gebruik het, vind dit egter nie op groot skaal plaas nie. In hierdie werksessie kan jy met twee produkte kennis maak wat jou sal help om hierdie tegnologiese sprong in jou klaskamer te maak.
  • Vrydag 21 Junie 15:00-15:20

Klik hier om te registreer

hgedu