Hy is Reghart, ’n man met ’n sagte hart, die stil maar blitsige vleuel van die Stryders-rugbyklub.

Sy is die sexy Kiki, leier van dié span se pompon-dansers in die kykNET-reeks Getroud met Rugby.

En nou is hulle ’n paartjie...

Sommer nou die dag nog het haar hart aan ’n ander Stryders-held, Fafa Beltrami, behoort. Maar hul huweliksbootjie het gesink, en deesdae teken Fafa punte aan in sy nuwe bokkie, Iva, se arms.

Terselfdertyd het die stilskaam Reghart Kaap toe gewyk, terug na ’n ou liefde.

Maar aan die begin van seisoen vier, wat ons nou op die kassie sien, het Kupido toe ’n ander plan...

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.