Hy het in ’n verklaring gesê Suid-Afrika bly op ’n hoë gereedheidsgrondslag en voorsorgmaatreëls word geneem om te verhoed dat die virus wat die land binnekom.
'Ons toesigsaktiwiteite is uiters doeltreffend.'

“Ons toesigsaktiwiteite is uiters doeltreffend,” het Aaron gesê.

Sedert die uitbreking van die Ebola-siekte – die grootste tot dusvêr – het die gesondheidsdepartement in samewerking met die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) ’n waarskuwing uitgereik aan beamptes by die land se inklaringshawens.

Dit sluit in die Burgerlike Lugvaartowerheid.

“Die Burgerlike Lugvaartowerheid het ’n vergadering gehou waar al die belanghebbendes in die lugvaartbedryf oor die Ebola-situasie in Wes-Afrika ingelig is,” het Aaron gesê.

“Ons het die risiko’s bespreek, asook die stappe om die risiko’s te verminder van ’n geïnfekteerde persoon die land inbring.”

Organisasies wat siek pasiënte na Suid-Afrika vervoer, is ook by die vergadering verteenwoordig.

Gesondheidswerkers in die land is opdrag gegee om uit te kyk vir reisigers wat Wes-Afrika besoek het.

“Die departement monitor die Ebola-uitbreking is Wes-Afrika met behulp van die NIOS, Promed, Wêreldgesondheidsorganisasie en die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming,” het Aaron gesê.

“Rolspelers word op die hoogte gehou met inligting soos dit beskikbaar word. Dit is belangrik om belanghebbendes ingelig te hou en te verseker dat die reaksiekapasiteit gehandhaaf word.”

Die land se grootste lughawens is ook gereed om enige moontlike Ebola-gevalle te hanteer.

“Die O.R. Tambo- en Lanseria-lughawe het hitteskandeerders wat reisigers met verhoogde temperature opspoor,” het Aaron gesê.

“Hierdie reisigers sal ná identifikasie by die lughawens se mediese fasiliteite geassesseer word.”

Die virus het meer as 670 lewens geëis, en een plaaslike lughawe het reeds vlugte na die stede met die meeste gevalle gestaak.