A photo posted by E L James (@erikaljames) on

Die skrywer van hierdie ontsettend-gewilde reeks, EL James, het gister op Instagram aangekondig dat sy pas ’n vierde aflewering klaargeskryf het.

Dié keer gaan die verhaal eksklusief vanuit die oogpunt van die manlike hoofkarakter, Christian Grey, vertel word.

Die boek, genaamd “Grey: Fifty Shades of Grey as Told by Christian” gaan op die karakter se verjaasdag, 18 Junie 2015, vrygestel word.

“Christian is ’n baie komplekse karakter en lesers was nog altyd gefassineerd deur sy begeertes en motiverings,” het James in ’n verklaring op haar webwerf gesê. Die nuwe boek gaan glo ook ondersoek instel na Christian se moeilike verlede.

“En ook soos almal wat ooit al in ’n verhouding was, weet: elke storie het twee kante.”

Daar is nog geen verdere nuus oor hoe presies die storielyn met die van die eerste boek gaan oorvleuel nie, maar dit is skynbaar ’n hervertelling van die verhaal.

Intussen is die filmweergawe van die tweede boek, Fifty Shades Darker, bevestig en keer die sterre Jamie Dornan as Christian en Dakota Johnson as Anastasia terug. Dit word op Valentynsdag 2017 verwag.

Bronne: CNN; Hollywoodreporter