Die groot wenner by vanjaar se Ghoemas was ongetwyfeld die 19-jarige Refentse Morake, wat ’n volle vier Ghoema-trofees ingepalm het.

Hier is al die wenners: Manlike kunstenaar van die jaar: Refentse

Vroulike kunstenaar van die jaar: Franja du Plessis (Juanita du Plessis se dogter.)

Groep van die jaar is: Adam Album van die jaar is: Refentse

Beste pop-album deur ’n vroulike kunstenaar: As jy weet dis liefde – Charlize Berg
Beste pop-album deur ’n manlike kunstenaar: Sal jy met my dans? – Kurt Darren

Beste liedjie van die jaar: "Die wêreld binne my" deur Joshua na die Reën (Jacques de Villiers)

Beste verkoper: My hart bly in ’n taal – Refentse

Beste kontemporêre album deur ’n vroulike kunstenaar: Die Reis – Laurika Rauch

Beste kontemporêre album deur ’n manlike kunstenaar: Die wêreld binne my – Joshua na die Reën

Beste nuweling van die jaar: Franja du Plessis – My verhaal Gewildste liedjie van die jaar: “Cool soos Koos Kombuis” deur Snotkop (geskryf deur Francois Henning/Adolf Vorster/Don Kelly/Dirk van Niekerk)

Beste Album deur ’n duo of groep: Hoogtevrees – Adam

Digitale liedjie van die jaar: “Cool soos Koos Kombuis” deur Snotkop (geskryf deur Francois Henning/Adolf Vorster/Don Kelly/Dirk van Niekerk)

Luitoon van die jaar: “Blou” deur Laurika Rauch en Loki Rothman

Beste instrumentele album: Sean Butler – Woord’loos reeks: Liefde

Beste boeremusiek-album of tradisionele musiekalbum: Die Jaloersbokkies – Die Jaloersbokkies: Piekniekliedjies en Rooies – Koedoe bul

Beste ligte klassieke Afrikaanse album: Con Grazia – Kosmos

Beste Afrikaanse hiphop-liedjie van die jaar: Early B – “Bene lam” (geskryf deur Earl-Henri Swartz [Early B])

Beste country-album: Jennifer Zamudio – Ongelooflik

Taliep Petersen ook het 'n eretoekenning gekry vir sy baanbrekerswerk. Sy dogter  het dit namens hom ontvang.